top of page

Die Klei Van n Kind

"Die Klei van n Kind" is n reeks wat handel oor groot ontdekkings deur die oog van n plaaskind. n Wêreld vol verbeelding, kleur en vrese - en die hoop om eendag die weggesteekte goud te vind.

Christof van der Berg

Die Klei Van n Kind- Speel-Speel, No.1

Abel se Sussie, 2025

Mixed media on canvas

27x25cm

Christof van der Berg

Die Klei Van n Kind- Speel-Speel, No.2

Die Stegosaurus, 2025

Mixed media on canvas

27x25cm

Christof van der Berg

Die Klei Van n Kind- Speel-Speel, No.3

Vlerke van Kunsmissak, 2025

Mixed media on canvas

27x25cm

Speel-Speel

Abel se sussie kon die kwaaiste bôl speel. Sy het altyd ’n los geel hemp gedra sonder ’n
bra. Mongese kon soos ’n stegosourus maak soos die een agter op ’n speelkaart. As hy
’n goal score het sy lyf uit die bloute groter en sy arms kleiner geraak, dan met swaar
voete rond gewieg, kraters op die gras getrap en met groot oë en wit tande die kleintjies
in hulle nekke gehap. Eenslag het ons vlerke gebou met kunsmissakke en spykers en
planke en toe van die trokke se baksteen-ramp afgespring. Tseets was eerste, hy was
nie bang nie, mens kan nie regtig se hy't geval nie, hy het meer neer geneuk, en wragtag
net sy kleintoontjie gebreek. Iewers op Witkraal was daar goud weggesteek.

IMG_20250807_090816_edit_556893589262196.jpg
IMG_20250807_090839_edit_556917489196718.jpg
IMG_20250807_090749_edit_556863151304968.jpg

Christof van der Berg

Die Klei Van n Kind- Watergotte en Kewers, No.4

Die Watergot, 2025

Mixed media on canvas

27x25cm

Christof van der Berg

Die Klei Van n Kind- Watergotte en Kewers, No.5

Groen Slym en Kewers, 2025

Mixed media on canvas

27x25cm

Christof van der Berg

Die Klei Van n Kind- Watergotte en Kewers, No.6

Die Wip, 2025

Mixed media on canvas

27x25cm

Watergotte en Kewers

By die fonteintjie het daar biesies en riete en groen slym in die enkel-diep water
gegroei. Daar was goggas en watergotte, kewers en naaldekokers en een en ’n
halfmiljoenduisend muskiete wat elke oggend uitbroei. Mongese het beweer hy het
eendag in die nag ’n seekoei daar gesien. Ons maak toe ’n wip van ’n fietswiel

met doringdraad en ’n seekoeihok van riete met ’n bakkie koringsaad. Na ’n hele dag se
gewag moes ons in die lou son huis toe stap net met môre se hoop en een modderkrap.
By die kayas en die reuk van poetoepap het Mongese ’n links gevat. Ek moes nog ’n
entjie verder stap op die rooisandpad. My kareeboomstok het agter my in die sand ’n
strepie gesleep, iewers op Witkraal is daar goud weggesteek.

Private Collection Prof. Mercia  Coetzee
IMG_20250807_091217_edit_557230231927067.jpg
IMG_20250807_091201_edit_557194592226508.jpg
IMG_20250807_091144_edit_557162444524749.jpg

Christof van der Berg

Die Klei Van n Kind- Sara se Poppies, No.7

Een met n Kat, 2025

Mixed media on canvas

27x28cm

Christof van der Berg

Die Klei Van n Kind- Sara se Poppies, No.8

Een met n Naam, 2025

Mixed media on canvas

27x28cm

Christof van der Berg

Die Klei Van n Kind- Sara se Poppies, No.9

Een met n Engel en Kroon, 2025

Mixed media on canvas

27x28cm

Sara se Poppies

Sara het poppies met tieties gemaak uit klei. Sy het gesê hulle moet name kry, want ’n
ding met ’n naam het goed soos engele met krone en katte en spoke en selfs ’n siel wat
vir altyd by hom bly. ’n Naam kan alles van jou sê, hy kan alles van jou weet en iewers
op Witkraal is daar goud weggesteek.

Private Collection 
Lisa Mongelli
IMG_20250807_091244_edit_557261366624920.jpg
IMG_20250807_090656_edit_556804606001501.jpg
IMG_20250807_090720_edit_556835365253416.jpg

Christof van der Berg

Die Klei Van n Kind- Monsters in die Water, No.10

Die Seekat, 2025

Mixed media on canvas

27x28cm

Christof van der Berg

Die Klei Van n Kind- Monsters in die Water, No.11

Die Bosluis, 2025

Mixed media on canvas

27x28cm

Christof van der Berg

Die Klei Van n Kind- Monsters in die Water, No.12

Die Leeu, 2025

Mixed media on canvas

27x28cm

Monsters in die Water

In die donker water van die plaasdam het daar goeters gebly. ’n Miljoen meter lank
seekat sonder ’n kop en sonder ’n gat, net lang arms wat jou om die bene kon vat. Dan
was daar ’n bosluis, so groot soos ’n kar met ’n slurp wat kon krul. Dit moes hy gewees
het wat vir Mongese daai dag gebyt het toe hy soos ’n vaseline dobbertjie spartel en gil.
Glo dit of nie, daar was ook ’n leeu, maar bietjie soos ’n perd, net sonder die stert.
Gelukkig, by omtrent die eerste trappie van die sementdam was hulle byt geblus en
gebreek, en iewers op Witkraal was daar goud weggesteek.

IMG_20250807_091003_edit_557068409239317.jpg
IMG_20250807_091049_edit_557134520146896.jpg
IMG_20250807_091026_edit_557093126377901.jpg

Christof van der Berg

Die Klei Van n Kind- Die Vuurvoëls, No.13

Volstruis, 2025

Mixed media on canvas

27x28cm

Christof van der Berg

Die Klei Van n Kind- Die Vuurvoëls, No.14

 Duif, 2025

Mixed media on canvas

27x28cm

Christof van der Berg

Die Klei Van n Kind- Die Vuurvoëls, No.15

Groot Snawel, 2025

Mixed media on canvas

27x28cm

Die Vuurvoëls

Hulle het uitgekom in die agtermiddag as die plaaslug soos lemoenskil begin lyk, maar
jy kon hulle net sien as jy jou oë toemaak en wegkyk. ’n Volstruis met ’n meerkatstert
wat kon vlieg, ’n duif met ’n pou se kuif en een met ’n snawel groter as sy lyf. In stille
nag het hulle die voëlwippe kom breek want iewers op Witkraal was daar goud
weggesteek.

IMG_20250807_090944_edit_557038628563547.jpg
IMG_20250807_090914_edit_556991550669554.jpg
IMG_20250807_090857_edit_556945297390509.jpg

Christof van der Berg

Die Klei Van n Kind- Volmaanmonsters, No.16

Olifant met baie pote, 2025

Mixed media on canvas

27x28cm

Christof van der Berg

Die Klei Van n Kind- Volmaanmonsters, No.17

Renoster in die Begrafplaas, 2025

Mixed media on canvas

27x28cm

Christof van der Berg

Die Klei Van n Kind- Volmaanmonsters, No.18

Buffel met n Doring, 2025

Mixed media on canvas

27x28cm

Volmaanmonsters

Die plaasnagte was donker met vriendelike monsters wat jou oortuig het om maar
eerder binne te bly. Daar was ’n olifant met baie bene, maar hy het veilig agter
doringdraad gewei. Die renoster het homself in die begraafplaas van die plaaswerkers
weggesteek, hy het net gannabos, liquorice allsorts en gebraaide polonie geëet. Dan
was daar ’n buffel in die buitekamer met ’n ring in sy horing, sy een voet was kreupel
want tussen sy kloutjies was daar ’n splinter of ’n doring. Hulle wou uitkom, hulle het my
elke nag gesmeek, want iewers op Witkraal was daar goud weggesteek.

IMG_20250807_090328_edit_556599541153506.jpg
IMG_20250807_090409_edit_556659483206920.jpg
IMG_20250807_090348_edit_556632860094170.jpg

Christof van der Berg

Die Klei Van n Kind- Perde en Beer, No.19

Perd 1, 2025

Mixed media on canvas

27x28cm

Christof van der Berg

Die Klei Van n Kind- Perde en Beer, No.20

Die Beer, 2025

Mixed media on canvas

27x28cm

Christof van der Berg

Die Klei Van n Kind- Perde en Beer, No.21

Perd 2, 2025

Mixed media on canvas

27x28cm

Twee Perde En n Beer

Ons het plase uit die modder van kalk en leem gebou. Ek, Arrie, Oupa, Tseets en
Mongese. Jy kon kry net wat jy wou hê, sonder skuld of verlies. Ons het lande en huise
en water aangelê en elke man het sy eie vee gekies. Uit ervaring het ek geleer, jy kies
twee perde. Twee perde en ’n beer. Die beer was om die jakkalse te keer. Daar was
oorgenoeg vir almal, niemand kon verneuk en iewers op Witkraal was daar goud
weggesteek.

IMG_20250807_090308_edit_556563210968884.jpg
IMG_20250807_090557_edit_555036962096081.jpg
IMG_20250807_090237_edit_556287760761646.jpg

Christof van der Berg

Die Klei Van n Kind- Die Regte Lewe, No.22

Rooikappie en die Wolf, 2025

Mixed media on canvas

27x28cm

Christof van der Berg

Die Klei Van n Kind- Die Regte Lewe, No.23

Tom en Jerry, 2025

Mixed media on canvas

27x28cm

Christof van der Berg

Die Klei Van n Kind- Die Regte Lewe, No.24

Bugs Bunny, 2025

Mixed media on canvas

27x28cm

Die Regte Lewe

As jy fyn rondom jou gekyk het, het die storieboeke ook maar partykeer lekker gejok,
want hier by ons was die wolf vir Rooikappie bang en Tom het klokslag vir Jerry gevang
en hom opgevreet terwyl hy moes kyk. Hier het Bugs Bunny se voete en mond, na die
jag agter op die bakkie, vuil rooi bloed uitgepomp. Die regte lewe is anders en wreed,
maar iewers op Witkraal is daar goud weggesteek.

bottom of page