
Calculated Lovers
​
Christof van der Berg
Calculated Lovers, No. 1
Yoko, 2012
Mixed media on board
40x60cm


​
Christof van der Berg
Calculated Lovers, No. 2
Jackie, 2012
Mixed media on board
40x60cm

​
Christof van der Berg
Calculated Lovers, No. 3
Maria, 2025
Mixed media on board
40x60cm
Memories From Before I Was Born4
"Memories From Before I Was Born"is a series that unearths the mystery of the hidden memory linking the subconscious to the source of all creation.

Christof van der Berg
Memories from before I was born, No. 12
Christening of Light, 2025
Mixed media on canvas
199x139cm

Christof van der Berg
Memories from before I was born, No. 1
Occupying Earth, 2025
Mixed media on canvas
87x139cm

Christof van der Berg
Memories from before I was born, No. 8
The Bull Fight, 2025
Mixed media on canvas
96x168cm

Christof van der Berg
Memories from before I was born, No. 13
The Altar of Time, 2025
Mixed media on canvas
199x139cm

Christof van der Berg
Memories from before I was born, No. 9
Cerebral Genesis, 2025
Mixed media on canvas
110x81cm

Christof van der Berg
Memories from before I was born, No. 14
The unbearable lightness of being, 2025
Mixed media on canvas
90x78cm

Christof van der Berg
Memories from before I was born, No. 4
Loneliness, 2025
Mixed media on canvas
85x75cm

Christof van der Berg
Memories from before I was born, No. 10
The Calculus of Creation, 2025
Mixed media on canvas
93x68cm

Christof van der Berg
Memories from before I was born, No. 15
Architects of the void, 2025
Mixed media on canvas
66x96cm

Christof van der Berg
Memories from before I was born, No. 7
The Portal, 2025
Mixed media on canvas
67x92cm

Christof van der Berg
Memories from before I was born, No. 2
Beasts, 2025
Mixed media on canvas
117x75cm

Christof van der Berg
Memories from before I was born, No. 5
The Birth of Babylon, 2025
Mixed media on canvas
139x70cm

Christof van der Berg
Memories from before I was born, No. 6
Feast Of The Druids, 2025
Mixed media on canvas
94x68cm

Christof van der Berg
Memories from before I was born, No. 11
The Two Lonely Kings of The Moon, 2025
Mixed media on canvas
87x139cm

Christof van der Berg
Memories from before I was born, No. 16
Scars Of Morning, 2025
Mixed media on canvas
90x63cm
Christof van der Berg
Memories from before I was born, No. 3
The Question, 2025
Mixed media on canvas
77x88cm
Private Collection Dr. Francois Smith

Die Klei Van n Kind
"Die Klei van n Kind" is n reeks wat handel oor groot ontdekkings deur die oog van n plaaskind. n Wêreld vol verbeelding, kleur en vrese - en die hoop om eendag die weggesteekte goud te vind.



Christof van der Berg
Die Klei Van n Kind- Speel-Speel, No.1
Abel se Sussie, 2025
Mixed media on canvas
27x25cm
Christof van der Berg
Die Klei Van n Kind- Speel-Speel, No.2
Die Stegosaurus, 2025
Mixed media on canvas
27x25cm
Christof van der Berg
Die Klei Van n Kind- Speel-Speel, No.3
Vlerke van Kunsmissak, 2025
Mixed media on canvas
27x25cm
Speel-Speel
Abel se sussie kon die kwaaiste bôl speel. Sy het altyd ’n los geel hemp gedra sonder ’n
bra. Mongese kon soos ’n stegosourus maak soos die een agter op ’n speelkaart. As hy
’n goal score het sy lyf uit die bloute groter en sy arms kleiner geraak, dan met swaar
voete rond gewieg, kraters op die gras getrap en met groot oë en wit tande die kleintjies
in hulle nekke gehap. Eenslag het ons vlerke gebou met kunsmissakke en spykers en
planke en toe van die trokke se baksteen-ramp afgespring. Tseets was eerste, hy was
nie bang nie, mens kan nie regtig se hy't geval nie, hy het meer neer geneuk, en wragtag
net sy kleintoontjie gebreek. Iewers op Witkraal was daar goud weggesteek.



Christof van der Berg
Die Klei Van n Kind- Watergotte en Kewers, No.4
Die Watergot, 2025
Mixed media on canvas
27x25cm
Christof van der Berg
Die Klei Van n Kind- Watergotte en Kewers, No.5
Groen Slym en Kewers, 2025
Mixed media on canvas
27x25cm
Christof van der Berg
Die Klei Van n Kind- Watergotte en Kewers, No.6
Die Wip, 2025
Mixed media on canvas
27x25cm
Watergotte en Kewers
By die fonteintjie het daar biesies en riete en groen slym in die enkel-diep water
gegroei. Daar was goggas en watergotte, kewers en naaldekokers en een en ’n
halfmiljoenduisend muskiete wat elke oggend uitbroei. Mongese het beweer hy het
eendag in die nag ’n seekoei daar gesien. Ons maak toe ’n wip van ’n fietswiel
met doringdraad en ’n seekoeihok van riete met ’n bakkie koringsaad. Na ’n hele dag se
gewag moes ons in die lou son huis toe stap net met môre se hoop en een modderkrap.
By die kayas en die reuk van poetoepap het Mongese ’n links gevat. Ek moes nog ’n
entjie verder stap op die rooisandpad. My kareeboomstok het agter my in die sand ’n
strepie gesleep, iewers op Witkraal is daar goud weggesteek.
Private Collection Prof. Mercia Coetzee



Christof van der Berg
Die Klei Van n Kind- Sara se Poppies, No.7
Een met n Kat, 2025
Mixed media on canvas
27x28cm
Christof van der Berg
Die Klei Van n Kind- Sara se Poppies, No.8
Een met n Naam, 2025
Mixed media on canvas
27x28cm
Christof van der Berg
Die Klei Van n Kind- Sara se Poppies, No.9
Een met n Engel en Kroon, 2025
Mixed media on canvas
27x28cm
Sara se Poppies
Sara het poppies met tieties gemaak uit klei. Sy het gesê hulle moet name kry, want ’n
ding met ’n naam het goed soos engele met krone en katte en spoke en selfs ’n siel wat
vir altyd by hom bly. ’n Naam kan alles van jou sê, hy kan alles van jou weet en iewers
op Witkraal is daar goud weggesteek.
Private Collection
Lisa Mongelli



Christof van der Berg
Die Klei Van n Kind- Monsters in die Water, No.10
Die Seekat, 2025
Mixed media on canvas
27x28cm
Christof van der Berg
Die Klei Van n Kind- Monsters in die Water, No.11
Die Bosluis, 2025
Mixed media on canvas
27x28cm
Christof van der Berg
Die Klei Van n Kind- Monsters in die Water, No.12
Die Leeu, 2025
Mixed media on canvas
27x28cm
Monsters in die Water
In die donker water van die plaasdam het daar goeters gebly. ’n Miljoen meter lank
seekat sonder ’n kop en sonder ’n gat, net lang arms wat jou om die bene kon vat. Dan
was daar ’n bosluis, so groot soos ’n kar met ’n slurp wat kon krul. Dit moes hy gewees
het wat vir Mongese daai dag gebyt het toe hy soos ’n vaseline dobbertjie spartel en gil.
Glo dit of nie, daar was ook ’n leeu, maar bietjie soos ’n perd, net sonder die stert.
Gelukkig, by omtrent die eerste trappie van die sementdam was hulle byt geblus en
gebreek, en iewers op Witkraal was daar goud weggesteek.



Christof van der Berg
Die Klei Van n Kind- Die Vuurvoëls, No.13
Volstruis, 2025
Mixed media on canvas
27x28cm
Christof van der Berg
Die Klei Van n Kind- Die Vuurvoëls, No.14
Duif, 2025
Mixed media on canvas
27x28cm
Christof van der Berg
Die Klei Van n Kind- Die Vuurvoëls, No.15
Groot Snawel, 2025
Mixed media on canvas
27x28cm
Die Vuurvoëls
Hulle het uitgekom in die agtermiddag as die plaaslug soos lemoenskil begin lyk, maar
jy kon hulle net sien as jy jou oë toemaak en wegkyk. ’n Volstruis met ’n meerkatstert
wat kon vlieg, ’n duif met ’n pou se kuif en een met ’n snawel groter as sy lyf. In stille
nag het hulle die voëlwippe kom breek want iewers op Witkraal was daar goud
weggesteek.



Christof van der Berg
Die Klei Van n Kind- Volmaanmonsters, No.16
Olifant met baie pote, 2025
Mixed media on canvas
27x28cm
Christof van der Berg
Die Klei Van n Kind- Volmaanmonsters, No.17
Renoster in die Begrafplaas, 2025
Mixed media on canvas
27x28cm
Christof van der Berg
Die Klei Van n Kind- Volmaanmonsters, No.18
Buffel met n Doring, 2025
Mixed media on canvas
27x28cm
Volmaanmonsters
Die plaasnagte was donker met vriendelike monsters wat jou oortuig het om maar
eerder binne te bly. Daar was ’n olifant met baie bene, maar hy het veilig agter
doringdraad gewei. Die renoster het homself in die begraafplaas van die plaaswerkers
weggesteek, hy het net gannabos, liquorice allsorts en gebraaide polonie geëet. Dan
was daar ’n buffel in die buitekamer met ’n ring in sy horing, sy een voet was kreupel
want tussen sy kloutjies was daar ’n splinter of ’n doring. Hulle wou uitkom, hulle het my
elke nag gesmeek, want iewers op Witkraal was daar goud weggesteek.



Christof van der Berg
Die Klei Van n Kind- Perde en Beer, No.19
Perd 1, 2025
Mixed media on canvas
27x28cm
Christof van der Berg
Die Klei Van n Kind- Perde en Beer, No.20
Die Beer, 2025
Mixed media on canvas
27x28cm
Christof van der Berg
Die Klei Van n Kind- Perde en Beer, No.21
Perd 2, 2025
Mixed media on canvas
27x28cm
Twee Perde En n Beer
Ons het plase uit die modder van kalk en leem gebou. Ek, Arrie, Oupa, Tseets en
Mongese. Jy kon kry net wat jy wou hê, sonder skuld of verlies. Ons het lande en huise
en water aangelê en elke man het sy eie vee gekies. Uit ervaring het ek geleer, jy kies
twee perde. Twee perde en ’n beer. Die beer was om die jakkalse te keer. Daar was
oorgenoeg vir almal, niemand kon verneuk en iewers op Witkraal was daar goud
weggesteek.



Christof van der Berg
Die Klei Van n Kind- Die Regte Lewe, No.22
Rooikappie en die Wolf, 2025
Mixed media on canvas
27x28cm
Christof van der Berg
Die Klei Van n Kind- Die Regte Lewe, No.23
Tom en Jerry, 2025
Mixed media on canvas
27x28cm
Christof van der Berg
Die Klei Van n Kind- Die Regte Lewe, No.24
Bugs Bunny, 2025
Mixed media on canvas
27x28cm
Die Regte Lewe
As jy fyn rondom jou gekyk het, het die storieboeke ook maar partykeer lekker gejok,
want hier by ons was die wolf vir Rooikappie bang en Tom het klokslag vir Jerry gevang
en hom opgevreet terwyl hy moes kyk. Hier het Bugs Bunny se voete en mond, na die
jag agter op die bakkie, vuil rooi bloed uitgepomp. Die regte lewe is anders en wreed,
maar iewers op Witkraal is daar goud weggesteek.
Elements

Christof van der Berg
Elements No. 1
Water, 2025
Mixed media on wood
68x113cm

Christof van der Berg
Elements No. 2
Wind, 2025
Mixed media on wood
68x113cm

Christof van der Berg
Elements No. 3
Earth, 2025
Mixed media on wood
960x113cm
Seasons

Christof van der Berg
Seasons No. 1
Spring, 2025
Mixed media on canvas
20x17cm

Christof van der Berg
Seasons No. 2
Autumn, 2025
Mixed media on canvas
20x17cm

Christof van der Berg
Seasons No. 3
Summer, 2025
Mixed media on canvas
20x17cm

Christof van der Berg
Seasons No. 4
Winter, 2025
Mixed media on canvas
20x17cm
Private Collection
Rolin Odendal

Music Theory
Christof van der Berg
Music Theory No. 1
2025
Mixed media on canvas
90x50cm
